lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu vleesanker – kleindood

Loading...

ontblote klowe met bodems van vel
sporadies beboomde rye gryswoud

huiwerige blaasbalk
stook ‘n yl kooltjie
al hoe meer brandstof
vir al hoe minder beweging

pote skuifel onseker
oë blink en verdof
flitse in die lui gety van lusiditeit
vlekke van vrees
vermiljoen in groen poele
gips figure reik pleitend na bo
dring deur jou meniskus van is
as die gety sink
en tyd sе wrede middelgangеr
‘n pond gees nader aan die vuur sleep

jou deel gespeel
in die tolbos van bestaan
jou deel verspeel

skaduvingers eis jou silhoeëet
redes vir vasklou
verdwyn oor die horison
soos medelyers
spoel uit oor die x~as
van ‘n verborge landskap

limiete flou gekarteer
en sporadies verleng
in vryhand potlood

jy is ver bo die sensus gemiddeld
ver van die uitplatting
aan die ander kant
van die klok se bult
van die stilte
ons roepe word al flouer
in jou liggaam se troebel noodtoestand
anemiese beweging
‘n swartlong kug en verkyk oë

spoorsnyer in jou spesie se buitebaan
jou gesig gaan by my spook
soos die nabeeld van die son
agter my ooglede

na jy weg is


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...