lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu straatligkinders – jy vermaak my naar

Loading...

het jy al ooit regtig geluister na wat ons sing
of na wat ons saam sing op die radio en televisie, ek meen
wie gee om of jou water skooter ‘n toeter het, of hoe ‘n leeu loop
kom aan, kan iemand asseblief vir my sê wat skarumba beteken
en as die middelste pikkewyn joune is
wie gaan dan na die ander twee kyk en
en kan ‘n pikkewyn regtig so lank uit die water bly?
verstaan jy?
ek doen nie

dit is baba sjokolades en seilе wat gespan word op ‘n boot wat ek nie eers hеt nie
dis ‘n dooie generaal wat ek nie eens ken nie
nou wil jy hê hy moet my kom lei
moet nie dat jou bankstate harder as jou gehoor sing nie

persoonlik d~nk ek jy’s ‘n besigheidsman eerder as ‘n musikant
persoonlik d~nk ek dat my stelling bietjie oorkom as arrogant
maar dis net vermaak
als is net vermaak
wees deel en kom ons maak vermaak
maar dis net vermaak
als is net vermaak
wees deel en kom ons maak vermaak

dis kwart voor vyf en ek is bang dat eden my kom vang
terwyl ek moeg is om te hoor hoe leanie kla oor my
wens is net dat jy sal ophou om te movie by die brooklyn mall

die note van jou stem is meer belangrik as die note in jou sak

persoonlik d~nk ek jy’s ‘n besigheidsman eerder as ‘n musikant
persoonlik d~nk ek dat my stelling bietjie oorkom as arrogant

maar dis net vermaak
als is net vermaak
wees deel en kom ons maak vermaak
maar dis net vermaak
als is net vermaak
wees deel en kom ons maak vermaak

rock daai lyfie
hoekom sing ek saam
skud jou biscuit
hoekom sing ek saam
rock daai lyfie
hoekom sing ek saam
skud jou biscuit
hoekom sing ek saam
rock daai lyfie
hoekom sing ek saam
skud jou biscuit
hoekom sing ek saam
rock daai lyfie
hoekom sing ek saam
skud jou biscuit
hoekom sing ek saam
rock daai lyfie
hoekom sing ek saam
skud jou biscuit
hoekom sing ek saam
ek weet nie regtig hoekom ek saam sing nie
maar ek weet dat ek nie kan ophou nie
ek weet dis net vermaak, ek weet dis net vermaak
maar dit maak my soms naar
skryf oor iets wat sin maak
ek vra jou mooi, skryf oor iets wat sin maak


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...