lirik lagu riana nel – tweede kans
daar was ‘n tyd in hierdie lewe
wat ek vrede wou maak
met die hartseer en alleenheid
wat so hard met my praat
nou sit ek op die vlaktes
van die ou transvaal
en elk van my gedagtes
voel asof hulle verdwaal
na ’n moontlikheid van môre
en ‘n hart wat lief kan hê
sonder twyfel dat daar tog ‘n rede was
want ek weet dat ek weet
hoe jy my soen vanaand
en jou oë styf toe maak
jy sal my nooit verlaat
en ek klou aan jou vas
vir lewe en dood
want ek weet dat ek weet
tweede kans gekry
daar is spyt in hierdie lewe
wat jou moedeloos maak
maar die waarheid wat verenig
is genoeg om heel te maak
nou staan ons op ’n bladsy
van ‘n ou verhaal
en elk van hierdie woorde
sal ons rigting nou bepaal
na ‘n moontlikheid van môre
en ‘n hart wat lief kan hê
sonder twyfel dat daar tog ‘n rede was
want ek weet dat ek weet
hoe jy my soen vanaand
en jou oë styf toe maak
jy sal my nooit verlaat
en ek klou aan jou vas
vir lewe en dood
want ek weet dat ek weet
tweede kans gekry
net hoe my moed my begewe
elke tree wat ons gee is
gerig na mekaar
ek was so flou van wanhopigheid
toe jy my belowe
om my hart te bewaar
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu blackthoven – baller
- lirik lagu skialykon – ai tempi di crono
- lirik lagu indecisive – canadian angel
- lirik lagu yung frendi – tropicana
- lirik lagu avril lavigne – take me away (live acoustic version)
- lirik lagu ancient rites – frankenland
- lirik lagu the imperials – living without your love
- lirik lagu mighty sparrow – frosty the snowman
- lirik lagu nadin amizah – if the world was ending
- lirik lagu thomas csorba – some place to go