lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu lucas maree – my sarie marais

Loading...

my sarie marais voel weer so ver van my vanaand
maar ek hoop ek sal haar gou weer sien
want ek moes haar maar laat staan toe die volkse drome taan
en die oorlog het sy end se kante staan

ons almal was maar bang dat die khakis ons sou vang
en na daai eiland oor die see sou stuur
met ‘n land wat lê en brand vlug ek toe upington se kant toe
maar die seerste is verlang se vuur

o neem my terug na die ou transvaal
daar waar my saartjie woon
daar onder in die mielies langs die mooirivier se stroom
op ons plasie naby potchefstroom
daar ondеr in die mielies langs diе soetdoringboom
sien ek haar partykeer wanneer ek droom

uiteindelik het daar ‘n einde aan die balanskap gekom
daar was weer vrede en ons was weer vry
met harde werk en ywer sou die land weer blom
maar die letsels van die stryd sou bly

en ek verlang steeds na my ou transvaal
waar die soeter van my saartjies woon
daardie meisie in die mielies langs die mooirivier se stroom
op ons plasie naby potchefstroom

daardie meisie in die mielies langs die soetdoringboom
en ek is steeds gevange in daardie droom

die hartseer van die saak is dat jy soos jy ouer raak
jou drome een vir een versaak
die oorlog is verby en die land het ophou ly
maar net een ding sou dieselfde bly

want ek droom nogsteeds van die ou transvaal
daar waar my saartjie woon
daardie meisie in die mielies langs die mooirivier se stroom
op ons plasie naby potchefstroom
daar onder in die mielies langs die soetdoringboom
sien ek haar nog altyd wanneer ek droom

ja ek droom nogsteeds van my ou transvaal
daar waar my saartjie woon
maar sy’s nou ook al dood en al ons kinders is yslik groot
en ek leef van genade brood


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...