lirik lagu lucas maree – kiekies in my plakboek
my kiekies is verwyssings
my lewensinfintares
die ensiklopedie van my bestaan
my kiekies is bewyse
vir die feit dat ek ook daar was
‘n prentjie komentaar wat my beaam
daar’s komedie in my kiekies
‘n skaterlag betraan
deur die afstand tussen destyds en vanaand
daar is ritme in my kiekies
‘n patroon wat hom herhaal in die kom en gaan en wegbly
van gesigte
ek verdwaal deesdae so dikwels in die blaaie van my boek
soek die sleutel van my hart onder die stof
in my pelgrimstog na gister blaai my wisselstroomgemoed
deur die ou bekende name in my boek
my kiekies bring vertroosting as die toekoms my kom soek
in my halfgeboude droomkasteel vanaand
daar’s net een probleem met kiekies en die gom van plak driehoekies
want die gapings tussen kiekies maak my bang
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu goody – кто же мы (who are we)
- lirik lagu ee (rock) – drunk in carthage
- lirik lagu nightmare chica – another ten nights
- lirik lagu dopeboyghost – player one
- lirik lagu sly alone & lando – darkwing duck
- lirik lagu sandow – schweigen und parolen
- lirik lagu offset – code (demo)
- lirik lagu school girl next door – super fame
- lirik lagu harvest sl gh – keep your word
- lirik lagu cathy dennis – subway to ur heart