lirik lagu laurinda hofmeyr – papajabos
tussen die papajabome onder ‘n geel maan
het sy die heelnag in ‘n skyndood stil gestaan
met oë toe en sywaarts uitgestrek…
in die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
en suig aan druppels dat sy vol uitdy
van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
wring smal weg in ‘n gladde gryswit stomp
terwyl die netwerk van haar skouerare
swel langs kaal arms af tot by die blare
waar sy oorbuig met twee ryp papajas
toe prewеl sy haar preek: al is ons vas
as mannetjies en wyfiеs tussen grond en lug
ewig in die spel gevange van bevrug
is daar ‘n groen wind wat so vervoer
dat ons kan losdans sonder om te roer…
sy sien die ou man met die byl aanstap
en onder aan die stam begin hy kap en kap
totdat die boom meteens uitskree
en aan die vrou geboorte gee…
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu nebbiolo – università della strada
- lirik lagu thr13tn – wake up
- lirik lagu slavik – weihnachten in meinem viertel
- lirik lagu 6o – who i am
- lirik lagu arghen prj – 3:23 am
- lirik lagu g-isaax – 13
- lirik lagu alak from rockbottom – polo
- lirik lagu we are waves – rotten galaxy
- lirik lagu 3ohblack – hop off
- lirik lagu yorko – e.t.