lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu kontras – die mislukte rewolusie

Loading...

en wat as dit dalk net my laaste kans is
om te ontsnap uit die lewe wat almal volg
wat as dit dalk net jou laaste kans is
om te bewys dat jy niks kort

en agter die stofstorms staan daar baie van hul soldate
die storm beur deur die wit wolke en probeer ons te verslind
angs begryp die groot massamoord
ek wil hê hulle moet weet ons was die laaste om wapens neer te lê

en jy’s nie ’n ware leier nie
maar steeds probeer jy mense mislei
valse herder verlei met sprokies
om die tou om die skape se nekke te kry
en steeds blindelings sit jy op jou bank
staan op soldaat, staan op en leer jou rang

maar ek sal nie jou nommer dra nie
niks wat jy kan sê of vra nie
ek kies vryheid in my eie tyd
ek sal nie myself gedra nie
volg nie jou eksemplaar nie
die rewolusie van die eensames sal staan

geseënd is ons die oorblewenes
van die mislukte rewolusie
geëerd is ons, al die kinders
wat nie volg in jou tradisies nie

vaagweg is die idees
liggaam, siel, en gees
en ek word afgeknou
en ek word altyd terug gehou

ek wil weer sweef soos ‘n vuishou jongeling
hulle sê ek is te oud om te verstaan maar te jonk om te vergaan?
ons was geleer om vir onsself te d~nk
maar in ‘n oogwink het ons in ons eie spoeg verdrink

maar ek staan hier gereed, en ek staan hier sonder vrees
ek staan hier gereed en ek staan hier sonder vrees
en ek sal nie jou nommer dra nie
niks wat jy kan sê of vra nie
ek kies vryheid in my eie tyd
ek sal nie myself gedra nie
volg nie jou eksemplaar nie
die rewolusie van die eensames sal staan

geseënd is ons die oorblewenes
van die mislukte rewolusie
geëerd is ons, al die kinders
wat nie volg in jou tradisies nie

geseënd is ons die oorblewenes
van die mislukte rewolusie
geëerd is ons, al die kinders
wat nie volg in jou tradisies nie


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...