lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu kobus! – witman

Loading...

witman loop deur die nuwe era strate
honger in die sakke en vloeke in die mond
witman kyk na die vrygestelde slawe
vergete monumente, bloedrivier, godsverbond
witman loop met ‘n swart agorafobia
soli deo gloria, strate van pretoria
witman se toekoms lyk al meer lagwekkender
laat in die nag lê hy wakker wakker wakker wakker
witman! witman!
witman loop deur die trellidor utopia
volkskonsentrasiekamp, onbewus euforia
witman loop ongemaklik in sy vel
elke tree wat hy gee ‘n bietjie nader aan die hel
witman nihilisties, witman fatalisties
kripties pessimisties oor die mensdom dom dom
witman se toekoms lyk al meer skrikwekkender
sy hart tik tik soos ‘n tydbom bom bom
witman! witman!
witman voed op die oorskiet van verlede dae
oplossings van gister vir probleme van die hede dae
witman werkloos, witman ambisieloos
witman staar die mure plat met grafte in sy oë
witman gaan siel verloor, witman gaan familie moor
witman heelnag wakker soos ‘n lewendige lyk
witman se rewolwer lê gereed onder sy kussing
more oggend vroeg skiet hy sonder om te kyk kyk

witman!


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...