lirik lagu karlien van jaarsveld – feeverhaal
[vers 1]
dit is ‘n warm somersaand
in februarie, die tyd stap aan
onthou jy die koue aand in mei
toe ek my eerste liefdesbriefie van jou kry
jy skryf van waar jy my die eerste keer raaksien
voor die skool se hek, ons altwee was toe tien
jy vra of ek die hele naweek kan kom speel
wie’t geweet jy sal my hart vir altyd steel
[voorkoor]
en nou’s jy altyd myne
[koor]
en ek sal drome droom oor jou
soos die feeverhale wat ek onthou
jy is my prins en ek jou prinses
ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res
ooh, mmm
ah
[vers 2]
dis jare later, hier staan ons nou
ek hou nog net soveel van jou
as daardie eerste naweek saam
al verskil is dat ons nou net meer verstaan
jy bou ´n huis sonder om my met sand te gooi
en kissing touchers is verby, ons soen al mooi
as jy nou verby my stap knip jy al oog
jy kon so kwaad raak as ek wen met pyl en boog
[voorkoor]
en nou’s jy altyd myne
[koor]
en ek sal drome droom oor jou
soos die feeverhale wat ek onthou
jy is my prins en ek jou prinses
ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res
sal ons die skemeraand in ry
op jou wit perd totdat al die sterre skyn
jy staan hier voor my op jou knieë
en vra of ek my hart sou gee
ooh, mmm
ah
gee
ooh, mmm
ah
[slot]
dit raak al laat ek kyk hoe jy slaap
dit voel of ek jou net wil wakker maak
ek wil net hoor hoe jy vir my sê
my skat jy is als wat ek wil hê
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu galoni – in mezzo alla fretta
- lirik lagu tønes – spleiselag/waldorfsalat
- lirik lagu yungbeat – lonely
- lirik lagu enny – take it slow
- lirik lagu bby goyard – r.o.a.
- lirik lagu ankimo – 알아차림 (sati)
- lirik lagu צביקה פיק – parpara – פרפרה – svika pick
- lirik lagu goose pärk – usa
- lirik lagu fiction fake – it won’t kill ya
- lirik lagu partynextdoor, dj candlestick & og ron c – eye on it (choppednotslopped)