lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu juanita du plessis – altyd daar

Loading...

as ek vandag moet terugkyk op my lewenspad
dan sien ek al die draaie elke kronkelpad
die spore van my lewe was lankal reeds bepaal
elke tree vertel ‘n ou verhaal
elke afdraaipaadjie sien ek duidelik raak
maar deur dit alles heer het u oor my gewaak
en oral in die donker het u my weer kom haal
want u weet elke kind kan soms verdwaal

sonder dat ek weet het u my altyd vasgehou
en sonder dat ek weet het u genade my omvou
al my lewensdrome het u in u hand bewaar
liewe heer, u was nog altyd daar

ek sien dit in die stille waters van die see
ek sien dit in ‘n kind se oë sy eerste tree
hoe kan die wat nie wil glo in ongeloof bly staar
liewe heer want u was nog altyd daar

sonder dat ek weet het u my altyd vasgehou
en sonder dat ek weet het u genade my omvou
al my lewensdrome het u in u hand bewaar
liewe heer, u was nog altyd daar
nou weet ek meer as ooit daar is niks meer om te vrees
liewe heer, u sal altyd by my wees
liewe heer, u sal altyd by my wees


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...