lirik lagu johannes kerkorrel – blou aarde
hier stap ons nou
in die voetspore van die brontosaurus
hier oor die woestyne waar een tyd
oerwoud was
kan jy sien hoe ver het ons gekom
in die sirkels van die tyd
met ons medaljes en ons wonde
stap ons oor die drumpel uit
ongeskonde
en die wêreld is ‘n groot blou bal
wat stil deur die ruimte val
en ek en jy is kinders
wees is ons gelaat
en soms vir ‘n oomblik
kan ons mekaar se taal
verstaan
niks kan die oorlog keer nie
niks kan teen sy mag marsjeer nie
hy trek ‘n hakekruis
en sy maak haar hare los
hy het ‘n hamer en ‘n sekel
en sy dans in die sandwoestyn
en ons streel met ons blote hande
oor die eindelose sand
onverbonde
en die wêreld is ‘n groot blou bal
wat stil deur die ruimte val
en ek en jy is kinders
wees is ons gelaat
en soms vir ‘n oomblik
kan ons mekaar se taal weer praat
en eendag sal dit beter wees
eendag sal ons wel verstaan
waarom mense soms so wreed kan wees
net om soms weer soveel meer te gee
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu govt mule – forevermore
- lirik lagu rocket rockers – terapi depresi
- lirik lagu govt mule – monday mourning meltdown
- lirik lagu ann breen – walk right back
- lirik lagu govt mule – scenes from a troubled mind
- lirik lagu rocket rockers – bangkit
- lirik lagu alias – getting by (version 2)
- lirik lagu rocket rockers – pesta
- lirik lagu caetano veloso – perdeu (lost)
- lirik lagu ann breen – save the last dance for me