lirik lagu die heuwels fantasties – pille vir kersfees
[vers 1]
dis snaaks hoe hierdie gebou
sy arms om my en jou kan toevou
terwyl die elektriese wolkkombers
kom sweef oor die platberg
en ons veilig vashou
om die brandstigting te aanskou
[koor]
ek soek pille vir kersfees
vir my gekerfde senuwees
niks wat ‘n tydjie by die see nie kan genees
maar wie soek pille vir kersfees
hang af by wie se huis ek gaan wees
‘n prys-promosiefenomeen
so baie om voor dankbaar te wees
[vers 2]
alomteenwoordig, jou naasbestaande eis
verdraagsaamheid maar tree oorbodig op
in hierdie tyd van samesyn
stralejakker, spyseniere
bacchus en al sy vriende
[koor]
ek soek pille vir kersfees
vir my gekerfde senuwees
niks wat ‘n tydjie by die see nie kan genees
maar wie soek pille vir kersfees
hang af by wie se huis ek gaan wees
‘n prys-promosiefenomeen
so baie om voor dankbaar te wees
[vers 3]
as jou tuiste is, waar jou hart is
wat wil dan hier uitbreek uit my borskas uit
geneties gelaai om te ontsnap
die plasma wat spoeg
‘n wemelende m-ssa te veel skade aangedoen
[koor]
ek soek pille vir kersfees
vir my gekerfde senuwees
niks wat ‘n tydjie by die see nie kan genees
maar wie soek pille vir kersfees
hang af by wie se huis ek gaan wees
‘n pryspromosiefenomeen
so baie om voor dankbaar te wees
pille vir kersfees
vir my gekerfde senuwees
niks wat ‘n tydjie by die see nie kan genees
maar wie soek pille vir kersfees
hang af by wie se huis ek gaan wees
‘n pryspromosiefenomeen
so baie om voor dankbaar te wees
[outro]
pille vir kersfees
wie soek pille vir kersfees
pille vir kersfees
wie soek pille vir kersfees
pille vir kersfees
wie soek pille vir kersfees
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu josiah lowe – pools.
- lirik lagu fractal cypher – final abode
- lirik lagu angie hart – everybody wants to rule the world
- lirik lagu michel polnareff – no no no no not now
- lirik lagu ly1 savage – antidepressant
- lirik lagu wild wes – that ain’t it
- lirik lagu the impressions – madam mary
- lirik lagu ryan williams – vinyl
- lirik lagu lil trogan – brand new chopper freeatyle
- lirik lagu sara oddcast – utopia