lirik lagu deon meiring – gee ons rus
hierdie wêreld het genoeg
van dieselfde ou konings
op dieselfde ou trone
met dieselfde dooie drome
wanneer laas is daar ‘n kind
in ‘n krip gekroon
wanneer kan ons in ‘n ware vredemaker glo
gee ons rus in die stede waar die ligte altyd brand
laat ons afskakel
wys ons waar daai helder ster nou hang
vrede vir ons planeet wat so dors is
mag ons skoonheid herontdek
daar waar skoonheid vermors is
hierdie wêreld het teveel verwarde seisoene
nog ‘n sneeuman in die somer tussen nagemaakte bome
wanneer laas was ons in voeling met die dorings in ons vlees
sal ons ooit ‘n goeie tyding met ons splinteroë lees
gee ons rus in die stede waar die ligte altyd brand
laat ons afskakel
wys ons waar daai helder ster nou hang
vrede vir ons planeet wat so dors is
mag ons skoonheid herontdek
daar waar skoonheid vermors is
gee ons rus in die stede waar die ligte altyd brand
laat ons afskakel
wys ons waar daai helder ster nou hang
vrede vir ons planeet wat so dors is
mag ons skoonheid herontdek
daar waar skoonheid vermors is
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu gibby stites – stickup
- lirik lagu cassioita – sparo
- lirik lagu diasvansimm – ustal (freestyle)
- lirik lagu yoshixoxo – stickup
- lirik lagu ian santillano – movin’ nowhere
- lirik lagu make myown – hiding
- lirik lagu knak – puentes
- lirik lagu my own devices – means nothing
- lirik lagu david morris – dutton ranch freestyle
- lirik lagu charming liars – outta my head