lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu bittereinder – kulkuns

Loading...

[afrikaans]

[chorus]
dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

dis kulkuns,dis kulkuns,dis kulkuns,dis kulkuns

[verse 1 / vers 1]
ek’t ‘n seemonster verdrink en hom laat sink in ‘n tsunami
in die kloosters van die ooste het ek geleer van origami
in die russiese winter het ek met wolwe gestoei
met my rewolwer het ek al 22 cowboys laat bloei
ek was ‘n sluipmoordenaar in suid-amerika in die tagtigs
en ‘n slipdraer by fyodor dostoevsky se begrafnis
ek’t al liedjies gesing saam met chris chameleon
en in holland langs die see van ‘n toring afgespring
ek het meerminne bemin in skandinawiese waters
en in granada gedraai met die fraai flamenco dansers
in kanada se baaie het ek salm met die palm gevang
en groot sesse gemoer van muralitharan met een hand
in nieu seeland se reënwoud het ek kiwi’s gejag
en ek het al grappies gemaak wat corné en twakkie laat lag
maar na al my avonture moet ek nou doodeerlik sê
jy’s mooier as dit alles, dis vir jou wat ek wil hê

[chorus]
dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

dis kulkuns,dis kulkuns,dis kulkuns,dis kulkuns

[verse 2/ vers 2]
[chris chameleon]
jy is die begin van alles sedert die einde van my vorige bestaan
wat nou oneindig ver weg voel sedert die dag wat jy aan die tralies van my hart kom raak het
dis nie regtig my styl nie my maar ek voel my onteenseglik genoop om jou te besing
met my hele wese te bemin en as ek mag te be-tas
en ek sal jou nooit laat gaan nie as ek jou net eers vas kan hou
want ek weet nou hoekom ek hier geplaas is
in ‘n wêreld waar alles net ‘n geroesemoes en ‘n geraas is
sodat my lot met joune verstrengel kon raak
en dit alles oplaas vir die eerste keer sin kon maak
een volledige geheel twee lewens word een
saam teen die wêreld daarbuite…watter wêreld?
daar is geen ander wêreld nie, net die een waarin ek my met jou bevind
ek sien en ek hoor en ek weet van geen ander nie
en niemand en niks kan dit ooit verander nie
want dis net jy en ek en ek en jy

[chorus]
dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

dis kulkuns,dis kulkuns,dis kulkuns,dis kulkuns

ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon d-nk
die man se woorde het minder inhoud as die wind
hy rek sy bek, maar hy’s net ‘n wolf wat verslind
hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink

ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon d-nk
die man se woorde het minder inhoud as die wind
hy rek sy bek, maar hy’s net ‘n wolf wat verslind
hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...