lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu bittereinder – dinkdansmasjien

Loading...

[afrikaans]

[verse 1 / vers 1]
sluk ek al die bitter in ‘n bitsige ontwikkeling wat sukkel om die vinger in my gesig te verklaar
ek wil myself verdedig teen die stewige beledigings en deeglik nou die bewings van die storm laat bedaar, maar
steek ek self ‘n vinger uit, wys dit altyd terug na my, dis eintlik net myself met wie ek eindeloos baklei
vyf vingers in ‘n vuis, ek hou daai stry nou stywer as ‘n minnaar teen ‘n lyf, my lewe soos ‘n eenbedryf
so kort soos een asem, die tydmors is waansin, dis verbasend hoe vinnig ek kan gaan van nul tot rasend
vat dit als persoonlik en ek bogger elke oomblik op want moontlik is die woorde selfs nog groter as my kop

[chorus]
pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond

pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond

[verse 2 / vers 2]
die pols kom nog duidelik, flippin onvermydelik, en ek sê vir niemand jammer vir die woord wat in my is
ek rap vir die eer van eerlik wees, elke lyn soos die pyn van ‘n geweer teen jou neus
ek weet dis als te hectic, maar ek skryf wat ek sien, bittereinder vat jou orals soos ‘n d-nk-en-dans-masjien
so spring met jou brein, sing die refrein, drink en verdwyn, d-nk oor jou pyn
blink in die sonskyn, bring jou eie wyn, piekniek in jou tuin, sink, dis verby

[chorus]
pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond

pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond

d-nk! dans! d-nk! dans!
vergeet maar van balans!
d-nk! dans! d-nk! dans! d-nk! dans!
dis veels te afrikaans!

[verse 3 / vers 3]
rap-en-rol nou pappie want dis diep-hop hierdie, ‘n knie-skop liedjie, kyk jy wieg tog ‘n bietjie
dis nie dubstep nie, maar mens kan dans op ‘n flikkerlig, nie deel van ‘n trend nie nou’s die tieners maar skrikkerig
maar ons brand met ‘n lig wat vir eeue al skyn, en ons weet jy gaan ons nooi vir daai piekniek in jou tuin
vra vir arcade fire: “oh, we used to wait…” nou skree my stem die hardste: “sing weer die refrein!”
hou op om ons te verveel, speel daai ander deel weer, ek’s lus vir saamskree, o, maak tog my keel seer
speel hom meer as twee keer, ‘seblief ‘seblief meneer, weer, weer, weer, weer, weer, weer, weer!

[chorus]
d-nk! dans! d-nk! dans! d-nk! dans!
vergeet maar van balans!
d-nk! dans! d-nk! dans! d-nk! dans!
dis veels te afrikaans!

[verse 4 / vers 4]
so vorm jou opinies en deel dit tog met ons, man
ons skryf vir al die tannies voor die k-ssie en die jongspan
oupas wat ons taal praat, tieners met ‘n ruggraat
die sieners in die suburbs en die sinieses wat ons haat

[chorus]
d-nk! dans! d-nk! dans! d-nk! dans!
vergeet maar van balans!
d-nk! dans! d-nk! dans! d-nk! dans!
dis veels te afrikaans!


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...