lirik lagu anton l’amour – ‘n oggend in die son
ʼn vliegtuig na berlyn
ʼn treinrit na beijing
dis die boodskap van ʼn blom
op die vooraand van die herfs
dis die tuimel van die dag
die wonder oor die aand
ʼn spinnerak gemaak uit die maande
wat immer om ons woel
ʼn oggend in die son, en die see
ʼn dag in sepia vir ons twee
ʼn oggend in jou arms wat om my vou
fyn geweef in robyn en goud
ʼn oggend in die son, en die see
daai dag in laudanum vir ons twee
ʼn oggend in jou arms wat om my vou
fyn geweef in robyn en goud
duik deur die rook~kolom, val oor die horison
laat weet ons van jou nuwe domein
pak als in ʼn kas, van gister en wat was
en stuur ʼn foto van samеsyn
die bouplan word getoets
tot diе onweer bedaar
die landskap die lyk nou effe anders
en die argitek is ver van klaar
ʼn oggend in die son, en die see
ʼn dag in sepia vir ons twee
ʼn oggend in jou arms wat om my vou
fyn geweef in robyn en goud
ʼn oggend in die son, en die see
daai dag in laudanum vir ons twee
ʼn oggend in jou arms wat om my vou
fyn geweef in robyn en goud
Lirik lagu lainnya:
- lirik lagu wakeupisaiah – vibes
- lirik lagu laai – hollywood bs
- lirik lagu bogdan smi – интро (intro)
- lirik lagu clews (aus) – rest in peace
- lirik lagu maretshi – mona lisa
- lirik lagu кубок мц (kbk mc) – march
- lirik lagu noum – last dance in the rain
- lirik lagu mathilde bloom – het huis van onze liefde
- lirik lagu citizen 420 meets yumi – ginseng plug
- lirik lagu cloudy language – fragile