lirik.web.id
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu spoegwolf - ou bande

Loading...

ek hoor jou soms as ek wakker word
ek hoor jou dronk skaterlag
ek het jou aftershave in my boks gehou
jammer om te sê dit was goedkoop kak
dit sou beter gewees het om jou hier te hê
die vyand het ons uitoorlê
maar ons is nog nie dood nie
net opgefok
dis seker iets wat jy sou sê
al die lang strande
al die goue jare
het jy nou breë vlerke
het jy nog maer hande?
jy was ou bande
op die pad na someraande
hulle maak nie meer mans
soos die man wat moes wees nie
ek het uiteindelik ook ‘n kind gekry
ons het amper na jou vernoem
vir ‘n oomblik lank ged~nk dis jy
as ‘n pa moet ek beter doen
ek sien jou nog as ek my bril afhaal
agter ver in die groot skare
het jy die duiwel toe gaan afbetaal
die son is vuur in jou hare
op die lang strande
op die goue jare
het jy nou breë vlerke
het jy nog maer hande
jy was ou bande
op die pad na someraande
hulle maak nie meer mans
soos die maan wat jy moes wees nie


Lirik lagu lainnya:

LIRIK YANG LAGI HITS MINGGU INI

Loading...